Tradisionele Chinese karakters | ||||
Soort skryfstelsel | Logografie | |||
Tyd gebruik | Sedert 500 | |||
Tale | Chinees | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Orakelbeenskrif
| |||
Dogterstelsels | Vereenvoudigde Chinese karakters e.a. | |||
ISO 15924 | Hant, 502 | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Tradisionele Chinese karakters (tradisionele Chinees: 繁體字, vereenvoudigde Chinees: 繁体字, pinyin: Fántǐzì) is daardie Chinese karakters in enige karakterversameling wat nie die nuut geskape karakters of karaktervervangings wat na 1946 uitgevoer is, bevat nie. Oor die algemeen verwys hierdie beskrywing na die gestandardiseerde karakterversamelings van Taiwan, van Hongkong, en van die Kangsji-woordeboek. Die moderne fatsoene van die tradisionele Chinese karakters het die eerste met die opkoms van die klerklike skrif tydens die Han-dinastie verskyn en is sedert die 5de eeu en deur die Suidelike en Noordelike Dinasties min of meer onveranderd. Die retroniem "tradisionele Chinees" word gebruik om die tradisionele karakters van die Vereenvoudigde Chinese karakters, 'n gestandardiseerde karakterversameling wat deur die regering van die Volksrepubliek China tydens die 1950's op die Chinese Vasteland ingevoer is, te onderskei. Tradisionele Chinese karakters word vandag in Taiwan (Republiek China), Hongkong, Macau, en Kwangtsjou gebruik, alhoewel die aantal gedrukte materiaal in vereenvoudige karakters in Australië, die VSA, en Kanada aan die groei is om in die behoeftes van die al groterwordende Chinese Vastelandse diaspora te voldoen. 'n Groot aantal oorsese Chinese aanlynkoerante laat gebruikers toe om tussen beide karakterversamelings te kies (byvoorbeeld die Chinese weergawe van The New York Times).[1] Vereenvoudige Chinese karakters word in die Chinese Vasteland, Singapoer en Maleisië se amptelike publikasies gebruik. Daar heers steeds debat oor die gebruik van tradisionele en vereenvoudige Chinese karakters onder Chinese gemeenskappe.